www.getaway.co.za | Features

Translate

Reisinformasie vir Toer na Buenos Aires en Peru

Reisinformasie vir Toer na Buenos Aires en Peru

 

Weer en klerasie

 

September tot November is lente in Buenos Aires en die weer kan wissel van aangenaam sonnig tot motreën en koel. Soos met enige besoek, beveel ons aan dat  gemaklike klere wat in lae gedra kan word, saamgeneem word. Warm drabaadjies, ligte truie, langmouhemde en t-hemde.

 

September tot Oktober is veronderstel om nog  "droë" seisoen in Lima, Cusco en Machu Pichu te wees. Namiddae en aande kan nog steeds koel raak in die hooglande.

 

Maak seker dat 'n jy 'n klein rugsak of drasak saamneen, want ond gaan ons bagasie in Cusco laat en net met ons ligte gemaklike langbroeke en langmouhemde en stapskoene en reënjasse na die Amasone neem.

 

Medies.

 

Maak asb seker dat jou versekering onvoorsiene mediese uitgawes sal dek.

 

Amanda Fourie by die Reiskliniek in die Waterfront (Tel: 021 419 1888), se inligting is dat Geelkoors inspuiting vir besoeke aan Suid-Amerika verpligtend is en dat Hepatitis 'n aanbeveling is.

 

Amanda Fourie bevel ook aan dat Doxi-Tabs of Malarone vir malaria geneem moet word voordat mens na die Amasone gaan.

 

Kontak asb u eie mediese geneesheer om meer detail te bekom.

 

Banke en geld

 

Die geldeenheid in Argentinië is die Peso (1VSA$ = +-3.9Pesos)

 

Die geldeenheid in Peru is die Sol _1VSA$ = +-3S)

 

Probeer so vinnig as moontlik plaaslike munt in die hande kry wanneer u in 'n land aankom, omrede sommige taxis, busse en winkels dalk nie internasional karate en eenhede aanvaar nie.

 

Die meeste groot afdelingswinkels en toeriste restaurante aanvaar egter bekende kridietkaarte en geldeenhede.

 

Onthou om geld by 'n erkende bank of hotel te ruil. Pasop vir vervalste note by informele besighede.

 

Fooitjies.

 

Restaurante: gemiddeld 10% as daar nie 'n diensfooi by die spyskaart ingesluit is nie.

 

Hotelle: 1 Peso of Sol per bagasieitem

 

Toergidse: eie diskressie.

 

 

Andre Nel
 
Travel Experience offers a wide range of travel services to the general public.
 
AA Travel Experience Travel Agency
Tyger Valley Centre Entrance 8
Cape Town
Tel:    +27 (0)21 914 2265
Fax:   +27 (0)21 914 2023
Mob:  +27 (0)82 7722 487
E-M :  andre.te@galileosa.co.za
Web:  www.exploreabroad.co.za
IATA no: 772 0361 5